WAAR LIEFDE HUIS TOE KOM
Tayla en Jaco se paaie het jare gelede begin kruis nie as ’n liefdesverhaal nie, maar as
twee mense op hul eie lewenspad. Die tyd was nog nie reg nie.
Jare later, deur ’n eenvoudige weer-ontmoeting, het alles verander. Van daardie eerste
gesprek af was dit eg. Maklik. Tuis.
Wat gevolg het, was ’n liefde sonder twyfel, seker, groeiend en gewortel in die wete: dit
is reg.
Nou, tussen die winterberge van Heidelberg, kies hulle mekaar…vir altyd.
“Alles het sy bepaalde uur,
en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd.”
Prediker 3:1
Waar liefde huis toe kom.
MEER OOR
DIE TROUE
Die Seremonie
Gaste arriveer om 14:00 vir welkomdrankies. Die seremonie begin om 14:30. Dit is ’n buite-seremonie, en aangesien dit winter is, bring gerus iets warms saam.
Die Onthaal
Ons beweeg teen 18:00 na die onthaal, waar ons saam gaan eet, kuier en die aand geniet. Dit kan teen daardie tyd koel raak, so maak seker jy bring iets warms saam.
Kleredrag
Ons troue is formeel. Gaste word vriendelik versoek om volledig in swart aan te trek (all black). Geen wit hemde of wit elemente in die uitrusting nie. Hemde, broeke, rokke of broekpakke alles asseblief in swart.
Kliek HIER vir inspirasie
DIE TROU
VENUE
Beaurain Venue
Poortjie Rd
Heidelberg
Gauteng
VERBLYF
IDEES
Van Dykshuis Guesthouse
016 341 4474
Oak View Manor
082 707 2334
Heidelberg Lodge
072 222 5040
Heidelberg Kloof Lodge
079 122 1708
Pichana Lodge
076 096 7853
GEREELDE
VRAE (FAQs)
Is kinders en metgeselle
welkom?
Kinders en metgeselle is slegs welkom
indien dit op die uitnodiging aangedui
word.
Hoe laat is die troue?
Gaste arriveer om 14:00 vir welkomdrankies. Die seremonie begin om 14:30.
Is daar ’n kontantkroeg?
Daar sal ’n kroeg beskikbaar wees.
Let asseblief daarop dat
slegs kaartfasiliteite aanvaar word,
geen kontant nie.
COUNTDOWN
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
RSVP
RSVP asb teen 28 Februarie 2026