ONS
Storie
Dit was die 12de Januarie 2024 en het alles begin met ‘n kyk, agt danse en ‘n boodskap of twee. As dit nie was vir die maatjies van Linden wat Ruzaan en Werno bietjie Padstal toe gesleep het een aand nie, het die twee se paadjies dalk eers heelwat later gekruis. Ruzaan was beïndruk met Werno wat net na een keer se voorstel haar naam kon onthou, en het deur die loop van die aand bietjie ogies gemaak – tot sy besluit het dat sy lus is vir ‘n toer om die vloer.
Sy het nie gewag vir Werno om te vra nie, en sy het ook nie gevra nie. Sy het sy hand gegryp en hy het met ‘n glimlag gevolg en toe gelei.
Na die aand verby is, het Ruzaan die moed gehad om vir Werno ‘n boodskap te stuur om dankie te sê vir die lekker aand. Werno het gesê dat sy kuite redelik styf is na die sokkie van die vorige aand, en Ruzaan het toe nou nie geweet wat om op die boodskap te antwoord nie.
Na twee weke se stille verloop, en Ruzaan se besluit om haar hare vanaf haar heupe na haar skouers te sny, ontmoet die twee toe weer by ‘n dak-nat-maak partytjie van die einste vriende. Hulle het skaam-skaam gegroet en weer skelm ogies gemaak. Ruzaan het toe besluit om saam met Werno in die reën te staan terwyl hy ‘n balletjie in ‘n koppie probeer gooi, en toe vind die twee regtig mekaar.
En hoe se hulle? The rest was history. Werno het toe vir Ruzaan op hulle eerste date Tribecca toe gevat waar Werno ‘n kilogram steak afgewurg het om Ruzaan te beïndruk. Dit het duidelik gewerk.
Hulle is die liefde van mekaar se lewens, en kyk nie terug na ‘n tyd voor die 12de Januarie 2024 nie.
Vier saam met ons!
Saterdag
9 Mei 2026
14h30
FYNER
Details
KINDERS & METGESELLE
Slegs per uitnodiging
Al sou ons dit só graag wou hê dat almal daar kan wees, laat die kapasiteit van die venue dit ongelukkig nie toe nie. Ons kan dus net die gaste verwelkom wie se naam op die uitnodiging verskyn. Dankie dat jy verstaan.
KROEG
Kroeg met kaartfasiliteite sal beskikbaar wees
GESKENKWENK
Om ons geliefdes by ons te hê op ons groot dag beteken vir ons meer as enige iets anders. Indien jy dit oorweeg om ons te seën, sal ’n bydrae wat ons kan help om saam ons lewe te begin vir ons besonders waardevol wees en ons help om ons huis in ’n tuiste te omskep.
Daar sal ’n houer vir koeverte by die troue wees.
Indien dit vir jou makliker is, kan die bankbesonderhede hieronder ook gebruik word:
Rekeninghouer: Werno Styger
Bank: Standard Bank
Rekeningnommer: 10229780146
Takkode: 7654
Rekeningtipe: Savings
Verwysing: Jou naam en van
Kleredrag
Semi-formeel
Sien pallet hieronder vir inspirasie
Akkommodasie
SIMBALI LODGE AND FUNCTION VENUE
AFSTAND VANAF VENUE NOUVEAU: 13 min (15,1 km)
75 Klipkop, Tierpoort, Pretoria
072 323 8749
www.simbali.co.za
NDLOVU LODGE
AFSTAND VANAF VENUE NOUVEAU: 9 min (5,1 km)
Plot 199, Zwavelpoort, Pretoria East
087 153 5175 or 012 809 0432
www.ndlovulodge.com
SHEREWOOD LODGE
AFSTAND VANAF VENUE NOUVEAU: 7 min (3,0 km)
100 Cole Road, Shere, Pretoria
012 809 2398 of 079 318 3092
www.sherewoodlodge.co.za
THE LINKS GUEST HOUSE
AFSTAND VANAF VENUE NOUVEAU: 10 min (7,7 km)
147 Glen Eagles Drive, Silver Lakes, Pretoria
083 431 3455 of 073 776 6225
www.the-links.co.za
OEWERPARK LANDGOED
AFSTAND VANAF VENUE NOUVEAU: 25 min (21,5 km)
Plot 40, Edel Eta Road, Bashewa, Pretoria
082 579 0288
oewerpark.landgoed@gmail.com
THE LODGE ON ILONA
AFSTAND VANAF VENUE NOUVEAU: + – 15 min
713 Ilona Street, Rietvlei View Country Estate,
1501 Tierpoort, Pretoria
079 722 0034
www.lodgeonilona.com
WHITE LINEN GUESTHOUSE
AFSTAND VANAF VENUE NOUVEAU: 18 min (15,3 km)
378 Tau Road, Tierpoort, Pretoria
082 920 5827
www.whitelinenguesthouse.co.za
CITY LODGE HOTEL LYNNWOOD
AFSTAND VANAF VENUE NOUVEAU: 15 min (12,0 km)
Corner Lynnwood & Daventry Road, Lynnwood, Pretoria
012 471 0300
www.citylodgehotels.com
GEVOLG
Bruidsmeisies
HOOF BRUIDSMEISIE
Chené Beneke
As ek aan jou dink, dink ek aan ‘n bottel wyn in Italië, ‘n spontane danssessie, ‘n uitgesteekde hand wat aanhou bid vir haar naastes, die beste gift-giver ever, die persoon wat my deur en deur ken (the good, the bad and the ugly), ‘n koellig oggend stappie. En nou… My hoofbruidsmeisie.
BRUIDSMEISIE
Chané Gouws
As ek aan jou dink, dink ek aan spontaniteit, goeie kos, die see en die berge, verlange, avontuur in ‘n kamptent, en nog baie memories wat wag om gemaak te word.
BRUIDSMEISIE
Ingrid Smit
As ek aan jou dink, dink ek aan die beste playlist op apple music, spontane pool parties, ‘n quick opmeet tussen die harwar van die lewe, 7 minute voicenotes on the weekly, chenin blanc en my absolute beste vriendin.
BRUIDSMEISIE
Anjeri de Bruyn
As ek aan jou dink, dink ek aan koshuiskamer-koffies, laat aande uit, dans, sêrrie, te-min-maar-altyd-daar geselsies en inchecks deur die dinge van die lewe, die gesprekke oor hoe ons “eendag” sou lyk, Brandy en Burger Specials by Springbok.
Binnekring
Elisma van Duyn
As ek aan jou dink, dink ek aan ‘n rots. Altyd konstant, sterk. Ek dink aan Jakkalsvlei Moscato, mooi oorbelle, Wii, vroeg-oggend stappies, die beste neighbour, ‘n beantwoorde gebed vir Michael, en vriendskap wat viraltyd sal staan.
Kirstin Eloff
As ek aan jou dink, dink ek aan ‘n absolute powerhouse, rooiwyn, pêrels van wysheid, rooi lippe, teater en ‘n goeie intensionele vriendin.
Juanita Reyneke
As ek aan jou dink, dink ek aan elke koortoer, hoe sleg tequila is, my kyk-vir-mekaar-skaterlag maatjie, krap-dans-op-‘n-mat-maatjie, my altyd-daar maatjie.
Bridget Adams
As ek aan jou dink, dink ek aan speletjies in die swembad, die een wat ek eerste soek by enige familie event, die een met wie ek kan gesels oor alles van die lewe, die enigste een wat weet hoe ritmies jou lewe raak, die een wat ek weet altyd daar sal wees.
Strooimeisies
Quinn Snyman
As ek aan jou dink, dan dink ek aan inkleurboeke, mooi penne, ‘n glimlag wat my hart laat smelt, die eerste babalyfie in my lewe.
Yula Snyman
As ek aan jou dink, dink ek aan handstands en dansies, lekker lag ogies, my mini me en jou kleine handjie in myne.
Strooijonkers
HOOF STROOIJONKER
Ockert de Rouwe
My beste pêl
STROOIJONKER
Riaan Gouws
My eerste broer
STROOIJONKER
Dirk Fourie
My toekomstige broer
STROOIJONKER
Phillip Coetser
My een oudste pêl
STROOIJONKER
JP du Toit
My ander oudste pêl
Bevestiger
Oupa Karel Beneke
Seremoniemeester
Adriaan Adams
Ons tel die dae af!
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
#StygerShindig
shindig
noun informal 1. a large, lively party, especially one celebrating something.
Kom celebrate saam met die toekomstige Stygers!
Rsvp
RSVP asb teen 1 Maart 2026